Themba maak nuwe maats

Themba se hart is baie seer.

‘n Selflees storie

Themba se hart is baie seer. Hulle woon in ‘n nuwe huis.
Nou het hy nie maats nie.
Frans het ‘n rekenaar. Hy het baie maats.
Johannes het rolskaatse. Hy het ook baie maats. 
Eendag kom Themba se oom kuier.
“Kom ons bou vir jou ‘n kaskar,” sê hy.
“‘n Kaskar!” roep Themba uit.
“Ja, kom saam met my,” sê Themba se oom.
Hulle gaan na die vullishope.
Themba se oom tel twee wiele op.
Hy tel stukke plank op.
Hy tel stukke yster op.

Themba help sy oom. Hulle bou ‘n mooi kaskar.
Die kaskar is klaar.
Themba hou baie van die nuwe kaskar.
Hy klim in. Themba se oom stoot die kaskar.
Dit ryk vinnig.
Dit ry by die bult af.
Johannes sien vir Themba. Hy rolskaats na hom toe.
“Waar kry jy die kaskar?” vra hy.
“My oom het dit vir my gebou,” sê Themba trots.
Toe sien Frans vir Themba. Hy sien ook die kaskar.
“Kan ek maar voel hoe dit ry?” vra Frans.
“Ja,” sê Themba.
Hy klim uit.
Themba en Johannes stoot vir Frans. Hulle neem beurte.
Elke dag ry hulle met die kaskar.
Hulle word groot maats.
Themba se hart is baie bly.
Die kaskar bring vir hom baie nuwe maats.

(Skrywer: Marianna Brandt)

Die storie is geskryf deur tannie Marianna Brandt. Jy kan vir haar skryf by marianna@storiewerf.co.za
Kopiereg: Marianna Brandt
0
Would love your thoughts, please comment.x