Slim Hasie

Slim Hasie en Leeu

Maudley M Mabokela
Maudley Mabokela vertel die storie oor Slim Hasie en Leeu. "Hierdie hasie was baie slim. Slimmer as die ander groter diere."

Baie lank gelede toe die diere gepraat het, was daar ‘n klein slim hasie. Hierdie hasie was baie slim. Slimmer as die ander groter diere.
Een dag het Hasie na die bobbejane se huis gestap. Hy het Leeu se vel aangetrek. Toe Hasie by die bobbejane se huis kom, het hy die bobejane skrik gemaak. Die bobbejaan-familie was doodbang. Maar toe sê Hasie vir hulle dat hy sal tuis by hulle kleintjies bly terwyl hulle kos soek. Dit het so gebeur dat die bobbejane kos gaan soek het en Hasie het by die kinders gebly.
Maar eendag het die bobejaan vroeg huis toe gekom. Hulle het Hasie gesien dans en gehoor sing oor hoe dom die bobbejaan is om nie te kan sien dat hy nie ‘n regte leeu is nie. Die bobbejaan was baie kwaad en wou Hasie dood maak. Soos altyd was Hasie te vinnig vir hulle.

Slim hasie


Hasie het in die veld geloop steeds met Leeu se vel aan. Ongelukkig het Hasie vir Leeu langs die pad ontmoet. Leeu kon sien dat Hasie nie ‘n regte leeu was nie. Voordat Leeu hom opeet, het Hasie belowe om kos te soek vir Leeu.
Hasie het die ander diere laat skrik en dan het Leeu hulle doodgemaak, want hy was ‘n regte leeu. Dit het so gegaan vir ‘n rukkie. Toe hulle genoeg vleis het om vir ‘n paar dae te eet, het Hasie ‘n plan gemaak. Hy het vir Leeu gesê dat hulle ‘n huisie moet maak om die kos te bêre om te kook.
Die huise was klaar – net die dak was nie op nie. Hasie het gesê dat hy te kort is en nie die dak op kan sit nie. Toe Leeu besig was om die dak op te sit, het Hasie die vleis gekook. Hulle het ‘n paar kere uit die huis gekom om Leeu te vra of hy party stukkies vleis kan eet en leeu het met ‘n diep stem gesê dat die groter stukkies syne was.
Hasie het ‘n ander plan gemaak. Hierdie keer was Leeu in die moeilikheid. Hasie het op die dak geklim met ‘n hamer en ‘n spyker. Hasie het Leeu se stert met die psyker en hamer vasgeslaan op die dak. Toe Leeu pyn voel en vir Hasie vra wat hy besig is om met sy stert te doen, het Hasie gesê dat hy ‘n baie groot luis dooddruk op Leeu se stert.
Hasie het van die dak af geklim en binne in die huis gegaan. Hy het uitgekom. Hy het begin om die grootste stukke vleis te eet wat Leeu gesê hy mag nie eet nie.

Die leeu op die dak

Toe Leeu van die dak wil afklim om Hasie te vang, was sy stert vas aan die dak. Hy het probeer totdat hy dood was. Hasie het al die vleis alleen klaar geëet. Hasie het gesin en gesê: “Ek is klein hasie, maar ek is slimmer as al die groter diere.”

Maudley M Mabokela
Skrywer/verteller: Maudley M Mabokela Graad 12 Hoërskool Ben Viljoen, Groblersdal.
Kopiereg: Storiewerf
Illustreerder: Henrico Greyling
0
Would love your thoughts, please comment.x