‘n Gedig uit België

Helené Prinsloo
Suiwer of de not...

Suiwer of de not...

Nooit sou ek die waarde besef
van ‘n antwoord in Afrikaans
‘n Eenvoudige sin
sonder ‘n handgebaar
sonder huiwering
sonder die gekraak van ‘n telefoonlyn 

‘n Antwoord in Afrikaans,
suiwer of de not,
net plein direk

Wat ek nie sou gee as 
De la Rey De la Rey 
net kon kom lei
want 
waar my hart hoort 
borrel dit van verlange na

‘n Eenvoudige sin
sonder ‘n handgebaar
sonder huiwering
sonder die gekraak van ‘n telefoonlyn

‘n Antwoord in Afrikaans,
suiwer of de not,
net plein direk.

Helené Prinsloo (18) 2008

Helené Prinsloo
Ek is ‘n uitruilstudent in België, reg in die hartjie van die Franse deel. Ek het hierdie gedig geskryf in klastyd.
2008-02