Sonder Chocolate Carlie

Sonder Chocolate Carlie (resensie)

Marga Jonker
Tafelberg
Resensie deur Moynenne Mortimer

Aan die voet van die Sneeuberge is die Solitaire Perdestoetery. Nell spandeer die Aprilvakansie saam met haar familie daar, maar sy is nie haarself nie. Nell was die vorige Desember met haar skouspringperd, Chocolate Charlie in ‘n ongeluk en Charlie is dood. Nell kan niks onthou van daardie dag nie.

Op die plaas is alles in rep en roer met Nell se niggie en haar vriendinne wat kom kuier en oefen vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruiterkuns- en Springtoernooi, maar Nell hou haarself eenkant van die mense en van die perde vir wie sy ’n groot vrees ontwikkel het. Met Nell wat probeer uitvind wat haar nagmerries oor Charlie beteken, ’n blonde ponie vol geheime en ’n plaas vol tieners, is Sonder Chocolate Charlie baie spanningsvol.

Vir perdeliefhebbers is Sonder Chocolate Charlie ’n moet lees! Die situasie waarin die tieners en hulle perde hulself bevind is baie eerlik en insiggewend ook vir dié wat nie so baie van perde weet nie.

Daar is Engelse karakters wat swakkerige Afrikaans praat en ’n niggie van ’n Indiese prinses, ’n klomp mode-behepte Stellenbossers en plaasjapies. Met sulke karakters kom verskillende kulture bymekaar op ’n manier wat  en pret is. Marga Jonker se storie en karakters is ’n kunswerk.

Moynenne Mortimer
Moynenne Mortimer is ‘n Skryfkunsstudent aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) 2013.
2013-10
0
Would love your thoughts, please comment.x