Daar’s ‘n ou in my aarbei-smoothie is die tweede boek in die sesboekreeks van Janie Oosthuysen. Met hierdie boek het sy net weereens bewys hoe goed sy haarself van haar taak kwyt as skrywer. Daar’s ‘n ou in my aarbei-smoothie is definitief ‘n boek wat vir enige tienermeisie bedoel is, gevul met humor, romanse en katterigheid.
Welkom by Yolandé se aarbei-smoothie lewe, nie altyd so soet nie, maar tog so deurmekaar en gekompliseerd. Yolandé en Mia is boesemvriende en is albei ewe opgewonde oor Yolandé se geheime bewonderaar. Die een aand, na die skokkende nuus dat haar Ma op ‘n date gaan, neem sy iets roois in haar wiskundeboek waar. Die koevert is rooier as rooi en dit het haar naam op. Met die snak sy na haar asem lees die swart kaartjie, in sierskrif, My hart behoort aan jou… Wie is die geheime bewonderaar? Is dit miskien die nuwe donkerkop in graad elf of is dit Riaan haar beste vriend? Om die cherry op die koek te sit, reël een van haar ander vriendinne, Mandy, ‘n party die aand voor die Sportdag. ‘n Party met kostuums en ‘n naam uit ‘n denimsak vir jou dateaan wie jy jouself nie mag bekend maak tot die tyd reg is nie. Wie is Yolandé se geheime bewonderaar of altans wie is Yolandé se Kavalier?
Daar’s ‘n ou in my aarbei-smoothie is definitief een van daardie boeke wat die ouer leser kan laat terug verlang na haar jeugdae en ʼn boek met wie die jeug van vandag hulself kan vereenselwig.