Clint Eastwood van Wyk en die Moordenaarsklok

Clint Eastwood van Wyk en die Moordenaarsklok (resensie)

Pieter Verwey
Tafelberg
Resensie deur Rouxné van der Westhuizen

Pieter Verwey se debuutroman is vernuwend in die ‘steampunk’-genre wat op ’n opwindende wyse aan die Afrikaanse jeugboekleser voorgestel word. Die skrywer van hierdie kreatiewe, alternatiewe jeugverhaal val sommer van bladsy een af weg met ’n dinamiese, lewende skryfstyl.

“Clint Eastwood van Wyk en die Moordenaarsklok” handel oor ’n hiper-intelligente vyftienjarige, Clint Eastwood van Wyk (sy regte doopnaam), wat dit sy doel in die lewe maak om die naam wat hy gegee is met trots uit te leef. Clint gaan hou saam met sy gesin en sy nefie wat vanuit Amerika kom kuier, Budde, vakansie in die deel van die land bekend as die Moordenaarskaroo. Hy probeer deurlopend om Budde die skrik op die lyf te jaag met spookstories en bangmaakpraatjies, om die Amerikaanse nukke uit sy eintlik-Suid-Afrikaanse nefie te dryf. Naderhand lyk dit of die navorsing wat Clint Eastwood oor die vreemde verskynsels in die Karoo doen, nie om dowe neute was nie: die gebeure wat die jongmense op die afgeleë plaas van Oupa Gammie en sy kleinseun, Kiewiet, ervaar, is beslis iets wat hulle nog nooit voorheen in hulle jong lewens teëgekom het nie…

Pieter Verwey wend Afrikaans op ’n kreatiewe manier aan wat die leser se verbeelding vasvang. Daar is pittige woordspeling, maar nie die geykte soort wat in sommige Afrikaanse jeugverhale voorkom nie. Verwey gebruik bestaande sowel as uitgedinkte spreekwoorde om die skerp humorsin van ’n alternatiewe soort tiener oor te dra. Die byna volwasse taalgebruik is suiwer toegepas, wat pas by die taalbewuste hoofkarakter.

Die vertellersperspektief is de

Rouxné van der Westhuizen
Rouxné van der Westhuizen is ‘n Skryfkunsstudent aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) 2016.
2016-10
0
Would love your thoughts, please comment.x