Vandat ek kan onthou is dit al daar: die donker pyn, broeiend net onder my vel. My driftige doringnes, my beste buddy. Die enigste ding waarop ek kan reken om altyd daar te wees.
Ek is anders. Ek sien die wêreld anders as ander mense. Ek glo nie aan die goed waaraan hulle glo nie. Ek voel nie die goed wat hulle voel nie.
’n Onderwyser het een keer gevra ons moet ’n opstel skryf oor onsself. My opstel was een sin lank.
Ek haat my lewe.
Sy was nie impressed nie, maar wat gee ek nou om.
Só begin Fanie Viljoen se kortverhaal, Pynstiller.
Die verhaal verskyn in die kortverhaalbundel: Skreeu en ander verhale (LAPA).
Fanie was deel van die kunstenaarsboekprojek, Oor die einders van die bladsy
Vir die projek het Fanie sy verhaal na ‘n grafiese roman verwerk.
Dit op Facebook geplaas
En later verwerk na ‘n selfoonstorie op Yoza selfoonstories.
Pynstiller – Selfoonweergawe op Yoza Cellphone Stories.
http://www.yoza.mobi/stories/23/
Painkiller – Selfoonweergawe in Engels op Yoza Cellphone Stories.http://www.yoza.mobi/stories/24/
Die verskillende weergawes van Pynstiller is:
1. Die oorspronklike Engelse teks A slice of love (kortverhaal) – in manuskripvorm.
2. Kortverhaal Pynstiller – vertaal deur Fanie Viljoen (Viljoen 2010b). Die verhaal is 2010 in die jeugbundel, Skreeu en ander verhale (Lapa Uitgewers) gepubliseer.
3. Pynstiller – die grafiese weergawe – in boekformaat. Oplaag van 25. Ringbind. Self gepubliseer.
4. Pynstiller – Facebook. Grafiese weergawe op Facebook.
5. Painkiller – Facebook. Grafiese weergawe in Engels op Facebook.
6. Pynstiller – Grafiese weergawe as digitale boek binne Oor die einders van die bladsy-digitale katalogus.
7. Pynstiller – Selfoonweergawe op Yoza Cellphone Stories.
http://www.yoza.mobi/stories/23/
8. Painkiller – Selfoonweergawe in Engels op Yoza Cellphone Stories.http://www.yoza.mobi/stories/24/
Om meer oor die projek en Pynstiller te lees:
Oor die Oor die einders van die bladsy-projek: http://www.bookboek.co.za/oordieprojek.html
Oor Fanie Viljoen in die Oor die einders van die bladsy-projek:
http://www.bookboek.co.za/fv.html
Tieners in die kuberwêreld – kan jeugromans byhou?
Franci Greyling lewer kommentaar in ‘n LitNet-Seminaar.
Navorsingsartikel (Franci Greyling) in Literator:
Kreatiewe remediasie van Pynstiller deur Fanie Viljoen: Van kortverhaal na grafiese verhaal
Navorsingsartikel (Franci Greyling) op LitNet Akademies
Die skrywer en nuwe publikasiekontekste: Interaktiwiteit en wisselwerking in aanlyngemeenskappe – Fanie Viljoen se Pynstiller as gevallestudie
Fanie Viljoen skryf self oor Pynstiller op LitNet:
Pynstiller – Op soek na die verlossing