Jaco Jacobs in syfers

Infografika: Jaco Jacobs in syfers

Jaco Jacobs in syfers

7
 Die ouderdom waarop Jaco sy eerste storie geskryf het.
Granaatstraat 10 – die adres waar een van sy gewildste storieboekkarakters, Zackie Mostert, woon.
Die 11de Zackie Mostert-boek verskyn in 2014.

Op 12 September 2014 word ’n fliekweergawe van sy jeugboek Suurlemoen! landwyd in teaters vrygestel. Van die akteurs wat daarin verskyn, is Chris Chameleon, Tiaan Kelderman, Dirk Stoltz, Jürgen Hellberg en Anna Davel.

13 Spookstories – die titel van ’n baie gewilde boek wat hy saam met François Bloemhof en Fanie Viljoen geskryf het.
Boek nommer 16 in die Stalmaats-reeks verskyn vanjaar.

Jaco het oor die jare reeds 17 ATKV-Kinderboektoekennings ingepalm. Die wenners van dié toekenning word deur lesers self aangewys.
Hy was 21 jaar oud toe sy eerste boek, Troetelgedrog, verskyn het.

Sy verjaardag is 22 Februarie.
49 Die aantal rympies in sy nuutste rympiebundel, Kougom in my hare.
100 boeke het reeds uit sy pen verskyn.

Hy het al 235 boeke in Afrikaans vertaal.
Ongeveer 670 000 kopieë van sy boeke is volgens LAPA Uitgewers verkoop sedert die publikasie van Troetelgedrog in 2001.
Jaco Jacobs
2014 Junie
0
Would love your thoughts, please comment.x