As ’n laerskool kind het ek meestal Afrikaanse boeke gelees, waarvan my gunsteling skrywers, Carina Diederiks-Hugo, skrywer van die Thomas@ -reeks en Permanente Ink, en Jaco Jacobs wat Virus en die Stalmaats-reeks as Lize Roux geskryf het.
Toe ek om-en-by graad vyf of ses was, ongeveer tussen twaalf en dertien jaar oud, het ek, soos die gewoonte elke tweede Woensdag was daardie tyd, drie boeke by die plaaslike biblioteek gaan uitneem. Waarvan een, die einste Virus deur Jaco Jacobs was. Ek het oorspronklik die boek gekies as gevolg van die visuele elemente wat vir my uitgestaan het, en omdat ek al teen daardie tyd, baie boeke van Jaco Jacobs gelees het.
Al wat ek regtig van die boek kan onthou, is dat dit gegaan het oor ’n virus wat uitgebreek het, en sodoende die wat deur dit geïnfekteer was, ‘zombies’ gemaak het. Alhoewel ek nie die presiese storielyn kan onthou nie, onthou ek wel dat die karakters en storielyn my so gefassineer het, dat ek kon nie die boek vir ’n oomblik kon neer sit nie. Die beskrywing en visuele uitbeelding van hierdie ‘zombies’ was uitstekend en het my, as jong leser, vasgevang het in die wêreld van boeke. Dit was die eerste keer, wat ek waarlik ’n boek met daardie vlak van visuele elemente gelees het. Die boek het eerlikwaar my asem weggeslaan.
Omdat ek nog altyd ’n stadige leser was, het die eerste paar hoofstukke my ’n hele rukkie geneem voor ek dit agter die rug kon kry, maar binne ’n dag en ’n aand (van geen slaap, bygesê) was die slapband boek van voor na agter, plat gelees. Die spanning wat byna oral in die boek voorkom, het my, as jong leser, so vasgevang dat ek myself so ingeleef en verloor het in die verhaal. Ek was so ingetrek deur die boek, dat ek nie besef het dat die horlosie se wysers al ver verby vier uur die volgende oggend gestrek het nie.
Alhoewel ek nie die presiese storielyn en al die fynere besonderhede van die boek in hul presiese woorde kan onthou nie, het die storie en sy karakters nog al die jare by my gebly. Dit was as gevolg van die boek en sy spannende storielyn, tesame met sy indrukwekkende karakters, wat my opinie van kinderliteratuur en tiener-fiksie vir altyd verander het. (Engeli Nel)
As kind het ek altyd ‘n sagte plekkie gehad vir rillers en griller boeke. Ek het my belangstelling vervul deur van Jaco Jacobs en Fanie Viljoen se boeke te begin lees. Gelukkig het ek ‘n tweelingsuster wat dieselfde belangstellings as ek gehad het en my ouers was geforseer om elke keer twee boeke te koop. Wanneer ons klaar ons eie boek gelees het, het ons boeke uitgeruil tot ons ‘n nuwe boek kon aankoop. My gunsteling boek van Jaco Jacobs was Nag van die monsters en Troetelgedrog. (Nucinda du Buisson)
Gedurende my jare op Laerskool, het my ma ons elke tweede week biblioteek toe geneem. Ek kan glad nie onthou wat die name was van al die boeke wat ek gelees het nie, maar ek onthou die Jaco Jacobs boeke was definitief een van ons gunsteling keuses. Boeke soos Zackie Mostert en die Grille & Goeters-reeks het ek reeds in my kinderdae gelees.
Afrikaanse boeke was as jong kind vir my altyd te duur en ek het my kennis oor die Afrikaanse fiksie by die biblioteek aangevul. Ek het reedse gelees soos “Stalmaats” van Lize Roux asook die Koshuiskoffie-reeks van Christien Neser (Monique Rademeyer)
When 4th grade rolled around, I gave up my fairy tales and my mother put them safely away in one of our many bookcases. Back then, I was excited to put them away as I was allowed to choose my very own books from the local library just like my mother always did. I felt just like an adult when I put my very first 32 page Jaco Jacobs thriller on the counter stationing the librarian so that I could exchange my little green card for the book encasing my new adventure. (Lily Labuschagne)