Thomas@geraamte.net

Thomas@geraamte.net

Carina Diedericks-Hugo
LAPA

“Jy was onkant! Die drie tel nie.” Thomas tel die rugbybal op wat Hannes pas tussen die pale gedruk het.
 “Wat? Is jy mal? Jy’t ‘n bril nodig, man! Ek was nie onkant nie!” 
 “Jy was,” stry Thomas. 
“Jou ouma kon sien jy was onkant en sy bly in flippen Pretoria!” Hannes storm nader en beduie woes met sy waai die arms. “My ouma wat in Pretoria bly kan sien jy kan nie rugby speel nie!” “Ek kan nie rugby speel nie?” Thomas gooi die bal neer. “Ek kan nie rugby speel nie? Jy speel soos ‘n … soos ‘n meisie … ‘n graadeen-meisie!” 
“Jy is ‘n meisie!” skree Hannes en stamp vir Thomas teen sy bors. Blitsvinnig stamp Thomas vir Hannes terug. Voordat Hannes weer iets kan doen, hardloop Lukas nader en gaan staan tusen hulle. “Hey, moet nou nie dof wees nie julle! Los dit. Ons kan anyway nie meer speel nie. Die onder-19’s is hier om te oefen. “Great. Ek is in elk geval moeg om met losers te speel!” sê Hannes. 
 “Whatever, Hannes,” mompel Thomas en gaan tel weer die rugbybal op. 

lusmakers
0
Would love your thoughts, please comment.x