My Hart is vol Graffiti

My Hart is vol Graffiti

Tania Brink
LAPA

Op Maandagoggend behoort Vanessa ‘n bordjie om haar nek te dra wat sê: Pasop vir die omgekrapte graadtien!
Sy wag vir my op ons gewone plek by die skool se rotstuin.
Ek kan nie help om te glimlag toe ek haar sien nie. Op haar voorkop is ‘n diep frons en haar kort haarvlegseltjies staan woes om haar kop. Vir ander mense lyk dit seker of Vanessa se hare net deurmekaar is, maar ek weet dit vat elke oggend ‘n hele spul haarknippies en heelwat tyd om daardie kapsel van haar so te kry.
“Wees gewaarsku, Lara,” brom sy sonder om te groet. “Michael dra vanoggend ‘n bos blomme rond wat groot genoeg is om die helfte van die skool hooikoors te gee.”
Ek lag. “Goeiemôre. Jy lyk vrolik vir iemand wat Saterdag as een van die beste jong joernaliste in die land aangewys is.”
Ek kan steeds nie glo wat Saterdag gebeur het nie…

lusmakers
0
Would love your thoughts, please comment.x