Tot siens, koning Arthur

Tot siens, koning Arthur

Annelie Ferreira
Tafelberg

“Guine . . .” Sy kyk weer na die vorm in haar hand en ‘n fronsie keep tussen haar oë. “Guinevere van der Merwe?” 
Obviously maak die naam niks beter nie. 
“Sylvia,” sê ek vinnig. “Dis my tweede naam. Niemand noem my Guinevere nie.”
Suster Pretorius haak haar leesbril met sy goue kettinkie af van haar neus en sit dit op haar bors neer.
Daar is ‘n vreemde reuk in Huis Andante.
“Nou ja.” Haar oë is onverwags diepblou. Hulle flits X-strale deur my, asof hulle onmiddellik sal sien as my pankreas tatty is, of my blindederm of byniere of so. “Ons vat nie gewoonlik mense in jou posisie nie, maar die maatskaplike werker het gereken daar behoort nie probleme te wees nie. Oumense is maar weerloos, jy weet. Ons laat in elk geval nie toe dat hulle waardevolle goed in hulle kamers hou nie.”
Hitte kruip op teen my nek. Dis nie vir diefstal dat ek in die moeilikheid is nie, oukei!

[Sanlam Boekprys (Goud) 2011]

lusmakers
0
Would love your thoughts, please comment.x