Ek het begin sweet nog voor ek naby suster Pretorius se kantoor is, en nie net van die Kaap se Desemberhitte nie.
Leonard gooi die foon neer en storm voordeur toe. Hy val oor Ruby en stamp teen sy pa se rolstoel.
” Sorrie, Pa. Dis Micha!”
“Gaan help jou ma, Len,” sê sy pa net rustig, al swaai sy rol- stoel wild agteruit. Ruby tjank verwytend.
Leonard weet nie of hy wil vloek of huil nie. Sy flippen boetie het al weer aangejaag.
Die buurvrou het pas gebel: Micha sit op die garage se dak. Kaalgat. “Ma! Maaaaaa!” gil Leobard by die hek uit. Sy ma is êrens in die kompleks op soek na Micha. Dié het ‘n paar minute gelede net spoorloos verdwyn-iets wat hy baie gereeld doen.