Chuck Norris kan deel deur nul

Chuck Norris kan deel deur nul

Annelie Ferreira
Tafelberg

Ek sou daarvan gehou het om die wêreld ‘n beter plek te maak as dit net nie so baie moeite was nie.
Ouma sweer niks goeds sal in my lewe gebeur voor my kamer nie ‘n slag netjies is nie (wat heelwat sal verduidelik indien dit waar is) en Pa se droom vir my is om eendag die Son te word in Drain Wizard & Son.
Marlie voel redelik vere oor wat ek eendag gaan doen. Ek dink die belangrikste ding vir haar is dat ek uit haar pad bly. Sy sien jonger broersas meestal in dieselfde klas as insekte.
Die ding is, voor jy iets kan doen, moet jy iets kan droom. Mense vergeet hoe belangrik dit is. Ek meen, is die ou wat eerste op die maan geloop het regtig die grootste held? Ek dink nie so nie. Ek dink die grootste held is die ou wat eerste daarvan gedroom het.
Dis hoekom dink ek Steve Jobs is cool.
Daai ou het GEDROOM.
Iewers in die huis roep Marlie.
Ek begin tik. “Steve Jobs was die stigter en hoof van die rekenaarreus Apple. Hy was ‘n ou wat nie net geglo het in drome nie, hy het hulle waar gemaak.”
Ek dink vir ‘n oomblik.
“Hy is die rede hoekom jy jou vinger op jou selfoon kan druk en soort van basies enige inligting van enige plek in die wêreld kry.”
Dit was nie altyd so nie. Ouma kan nog onthou toe die eerste faksmasjien in hulle kantoor afgelewer is. Sy sê dit was soos wetenskapfiksie!

lusmakers
0
Would love your thoughts, please comment.x