voorlees

Hoekom moet mens vir kinders voorlees?

Christien Neser skryf oor die voordele daarvan om vir kinders voor te lees.

Roetine en emosionele geborgenheid

  • Dis die beste manier om die dag af te sluit
  • Dis deel van ‘n roetine wat veiligheid gee
  • Dis ‘n geborge tyd waarin ouer en kind saam op ‘n fantasiereis gaan
  • Dit maak ‘n bruggie vanaf fisieke aktiwiteit, TV of rekenaar of slimfoon, na slaaptyd
  • Emosionele gereedmaking vir droomtyd : “Stories shape our lives and in some cases help define a person.” Prof Gregory Berns, Univ Emory, Atlanta.
  • Identifisering met die held/ skurk. “The neural changes that we found associated with physical sensation and movement systems, suggest that reading a novel can transport you into the body of the protagonist.”
  • Vestiging van moraliteit en empatie: “Theory of Mind”. Studie bevind dat kinders wat lang ure voor die TV sit, minder empatie en insig het. Psychology Today, Christopher Bergland, 2013-11-23.
  • Verwerking van vrese
  • Geleentheid om ervarings van die dag te prosesseer
  • Verligting as daar weer ‘n gelukkige einde is
  • Dramatisering versterk rollespel en fantasie. (Ja, ma. Jy sal met snaakse stemme moet lees!)

Woordeskat en taal

  • ‘n Ouer lees letterlik ‘n kind slim
  • Woordeskat en taal van kinders vir wie gelees word, is beduidend beter as kinders vir wie nie gelees word nie. (University of London, University of Atlanta, University of Cincinatti, Harvard)
  • Rym en ritme is voorgeletterdheidsvaardighede
  • Toevallige lees begin die ogies reeds van links na regs lei
  • Toevallige woordherkenning
  • Toevallige enkodering van skribbels na teks na storie
  • Tale kan alternerend voorgelees word, sodat moedertaal sowel as addisionele taal gelees word. Ideaal om tale vas te lê. Basis vir meertaligheid.
  • Dialogiese lees: brei konsepte uit, maak kind mede-verteller.

Voorbereiding vir selflees

  • Assosiasie met teks en storie (lekker!)
  • Uitsien na selflees
  • Midlynkruising wanneer die boek blaai
  • Ogies begin teks volg as ouer met die vinger lei
  • Rympatrone : voorspelling
  • Analise en sintese begin vorm. Daar kom toe ‘n K-A-T…

Breinaktivering

(lees die werk van prof Hutton, pediater van die Cincinatti University & Children’s Hospital; American Academy of Pediatrics)

  • Storie-vertel of voorlees, kalmeer die frontale lobbe (emosies)
  • Aktiveer die taalarea: linkerbrein vir logika en taal; regterbrein vir empatie, geheue, kreatiwiteit.
  • Aktiveer die visuele area, deurdat kinders self prente visualiseer.
  • Aktiveer die begripsarea (Wernicke se area) sowel as die taalformuleringsarea (Broca)
  • Konnektiwiteit in die brein verhoog, kan tot die volgende oggend gemeet word (mRI) – Prof Berns, Emory University, Atlanta.
  • Prosessering kan dus plaasvind op neurologiese vlak.

SLAAP!

REM-slaap skop vinniger in en duur langer as daar voorgelees word

  • SLAAP IS BELANGRIK: terwyl ‘n kind (en ‘n grootmens) slaap
  • Belangrike breinfunksies gaan voort, insluitend hoe senuselle met mekaar kommunikeer
  • Slaap help toksienes uit die brein verwyder wat ophoop deur die dag
  • Kinders groei terwyl hulle slaap
  • Slaap het ‘n effek op algehele gesondheid
  • ‘n Gebrek kan lei tot aandagafleibaarheid, diabetes, obesiteit en depressie (The National Health Service, www.nhs.org)

‘n Slaaptydstorie is ‘n slaappil wat die brein kans gee om te prossesseer, te konnekteer, te detoks, te droom, te onthou, te ontlaai, patrone vas te lê, vrese te besweer, aandag te fokus en gereed te maak vir formele lees.

Christien Neser