Gabriel skrik wakker
in `n donker kelder in `n vreemde stad, sonder enige herinnering van hoe
hy daar gekom het. Al wat hy onthou is sy naam en dat hy in Amsterdam
woon. Tot sy verbasing bevind hy hom in die Kaap van Storms, die VOC se
ou halfwegstasie en in die begraafplaas is `n graf met sy naam en
geboortedatum op. `n Pragtige slawemeisie, Zytia, probeer hom help om
uit te vind wie hy werklik is. Sy potloodsketse bring visioene van `n
Khoi seun en `n vreemde klip. En Zytia se geheimsinnige meesteres soek
sy bloed . . .