Zoya presteer nie op
skool soos haar identiese tweelingsussie Zoe nie. Maar wie gee tog om
oor wiskunde en rekeningkunde? Dis veel beter om seker te maak sy lyk
altyd fantasties op `n selfie. Dis tog hoe sy Erwee du Rand se oog kan
vang. Of is dit?
Wanneer Zoya gekies word as die hoof van die
balkomitee, is sy in die wolke oor die kans om tyd saam met Erwee te
spandeer. Buitendien, hoe moeilik kan dit nou wees om met `n begroting
te werk? Daar is wel n paar probleme: die jaloerse Beula, `n
geheimsinnige matchmaker en die feit dat haar pa skielik tienersleng
praat en leer skateboard ry . .