s_oondvars_150
138

Allegra op Maasdorp

Stella Blakemore
Human & Rousseau

Allegra op Maasdorp is een van die gewildste boeke in die Maasdorp-reeks. Behalwe Kobie Malan, die spil waarom alles gewoonlik draai, maak ons ook kennis met Allegra Bredenkamp, ’n weeskind wat danksy Kobie se pa na Maasdorp kom. Die dag voor die skool begin, kuier Allegra by die Malans. Daardie aand red sy Kobie uit die moeilikheid en Kobie belowe om, as dit ooit eendag nodig is, haar te help. Op Maasdorp lyk dit asof Allegra regtig ’n aanleg vir moeilikheid het. Miskien is dit omdat sy so impulsief is, maar veral omdat haar gewese boesemvriendin, Marguerite Beyers, ook nou op Maasdorp is – en die twee kom net nie meer goed oor die weg nie. Iets het met Allegra by haar vorige skool gebeur – iets waarvan niemand mag weet nie, maar ongelukkig weet Marguerite dat Allegra doodbang is dat hy haar geheim verklap. Om dinge erger te maak, word Allegra gou vriende met Breggie en Heloise – Maasdorp se stoutste leerders. Gelukkig vir Allegra is Kobie daar … Kobie wat altyd ’n plan kan maak, Kobie wat tog maar op die ou end almal se liefling is.

Publikasie: 2006-02-14
0
Would love your thoughts, please comment.x