Angelina wil vreeslik graag `n ballerina wees. Sy dans van soggens tot saans – selfs wanneer sy huiswerk moet doen, of aantrek vir skool! Op `n dag gee Angelina se ma en pa vir haar `n geskenk wat haar die heel gelukkigste muis in die wêreld maak – balletklasse by Juffrou Trippeltoontjies!
Daar is reeds meer as `n miljoen kopieë van die boek wêreldwyd verkoop en die TV-reeks is op K-TV vertoon.