s_oondvars_150
1381

Anna Atoom en die magnetiese meermin

Elizabeth Wasserman
Tafelberg

In hierdie tweede titel in die reeks probeer Admiraal Atoom se agterbakse kollega, Uranus Draak, die Aarde se magnetiese pole skuif in `n poging om die yskappe van smelting te red. Maar is dit regtig wat hy beplan, of probeer hy steeds om die probleem van oorbevolking met die grootskaalse uitwissing van mense op te los? erdie verhaal is `n klomp dinge ineengerol: avontuurverhaal, wetenskap, seelewe, rekenaars, tegnologie en ruimtefiksie, gesinsdinamika, en `n sterk “groen” boodskap. Anna Atoom se ouers is wereldberoemde wetenskaplikes wat gereeld ingeroep word om die wereld van ondergang red. Die skrywer hanteer al hierdie uiteenlopende storiedrade moeiteloos en met `n heerlike sin vir humor. Hierdie is die tyweede in `n reeks van drie boeke.

Publikasie: 2012-06-08
0
Would love your thoughts, please comment.x