s_oondvars_150
1304

Baasspeurder Blomkvist hier

Astrid Lindgren
Human & Rousseau

Vir 10- tot 13-jariges. As daar iets eienaardigs gebeur, moet jy weet Kalle Blomkvist en sy maats gaan binnekort weer die ongelooflikste avonture beleef. Jy sal nou wel dink dis nie so eienaardig is as vreemde mense die somerhuis van die Eklunds huur nie, maar moet nie so seker wees nie. In hierdie derde boek in die reeks bewys Kalle Blomkwist weer eens hy is die naam baasspeurder ten volle werd. `n Woeste stryd om middernag in die ou murasie tussen die ridders van die Wit en Rooi Rose het `n ernstige nadraai toe die Wit Rose op pad terug huis toe sien hoe professor Rasmusson en sy seuntjie Rasmus ontvoer word. Sonder om `n oomblik te huiwer werp hulle hul in die stryd om die boosdoeners aan die pen te laat ry. Maar as hulle geweet het hoe gevaarlik dit sou wees, sou hulle waarskynlik twee keer gedink het. Nommer 3 in Blomkvist-trilogie: Ander titels is: Baasspeurder Blomkvist / Baasspeurder Blomkvist in die knyp.

Publikasie: 2011-09-29
0
Would love your thoughts, please comment.x