’n Gewurgde kreet. Dit is waarmee Bessie se nuutste avontuur afskop. Het iemand dalk probeer om tant Potjierol te verwurg? En wie op aarde het al Pietersielie die seekoei se seldery gesteel? Bessie kan nie wag om haar speurvernuf te toets en ondersoek in te stel nie. Dit lyk sowaar of iemand probeer keer dat tant Potjierol en Pietersielie aan die Ek-en-my-troeteldier-kompetisie in Daërdoer deelneem …