s_oondvars_150
905

Broers

Solet Scheeres
Perskor

Stevie is die eerste een wat besef dat die twee nuwe Kokkerotters, Jeroen en Joakim, nie bloot net die leerling-stuntman en scuba-instrukteur is wat hulle voorgee om te wees nie. Sy moet toegee, die tweeling is die aantreklikste broers wat sy in `n lang tyd aanskou het. Boonop is hulle onuitstaanbaar onnutsig en laat geen geleentheid verbygaan om die meisies te terg nie. Maar daar is ook `n geheimsinnige kant aan dié twee . . . Fransisca is skaars bewus van die tweeling. Haar studies het in `n nagmerrie ontaard en sy sit op die randjie van `n diep, bodemlose put. Albertyn probeer sake nog op `n manier bymekaar hou, maar selfs hy moet toegee, daar is groot fout in Kokkerot. Lees in hierdie opwindende vierde boek in die Klub 17-reeks watter uitwerking die Bergmans-broers se koms op Huis Kokkerot en sy inwoners het . . .

Publikasie: 2000-03-15
0
Would love your thoughts, please comment.x