s_oondvars_150
124

Die altaar van Aberdare

Christyal Pickard
Human & Rousseau

Dirk en sy suster Jaqueline is opgewonde om die vakansie saam met hul vriend, Andre, op sy pa, Paul du Bois, se plaas in Kenia deur te bring. Jula, die toordokter van die Kikuyustam, kry by sy altaar, aan die voet van die Aberdare bergreeks, `n teken van die gode om `n boodskap van oorlog en verlossing aan sy volk te verkondig. `n Groot seremonie word by die altaar van Aberdare beplan om die nuwe lede in te sweer – wat moet help om die onderdrukkers te vernietig en hul land terug te wen. Paul en die kinders word betyds gewaarsku deur Paul se halfbroer, Haami. En saam met Haami se kleinseun, Jerogi, met wie Andre, Dirk en Jaqueline `n hegte vriendskap gevorm het, help hulle, te midde van dreigende gevaar, om oorlog met die Kikuyustam af te weer. `n Lekker vinnigbewegende avontuurverhaal wat afspeel in die tyd van die Mau-Mauopstande in Kenia. Dit gee ook die jong leser `n interessante kykie in die sosiale en politieke gebeure van die tyd.

Publikasie: 2006-05-03
0
Would love your thoughts, please comment.x