François Bloemhof het homself bewys as jeugverhaalskrywer met Slinger-slinger. In hierdie ongewone jeugroman is CJ, die hoofkarakter, hardekop, rebels en gek na Elvis. ’n Goeie vriend van hom word vermoor, en sy hele wêreld stort in duie. Dis Bloemhof op sy beste.