Op `n dag kry Petra `n briljante plan….`n Plan om skatryk te word!
Sy gaan piesangbrood verkoop!
Maar dis nie sommer `n gewone piesangbrood nie – Petra voeg `n geheime bestandeel by. Sommer gou is Petra se piesangbrood op almal se lippe. Die burgermeesterse vrou is dol daaroor.Die tuisnywerheid kan nie voorbly met bestellings nie. Die koerant skryf `n voorbladstorie daaroor.
Maar iemand is desperaat om uit te vind wat die bestandeel is….
BEKRONING:
ATKV-Kinderboektoekenning