`n Paar koppies meel en suiker, `n blertsie botter, eiers, `n teelepel of wat vanieljegeursel, bakpoeier, sout en natuurlik … piesangs. Varses – nie vrottes nie! O ja, en … sjuu-uut … `n geheime bestanddeel. Al hierdie goed beland in Petra Pienk se gewilde piesangbrood. Maar as sy weer sien, verdrink sy amper in piesangbrooddeeg. Iemand probeer boonop haar resep in die hande kry, net om uit te vind wat die geheime bestanddeel is en hoekom die piesangbrode skielik soos soetkoek verkoop. Wil jy ook weet wat maak Petra se piesangbrood so gewild?