Hierdie lieflike storieversameling bevat veertig volksverhale van regoor die wereld. Storieverteller Bob Hartman het aangrypende, tradisionele stories gekies en verwerk, en dit is ideaal om met vandag se kinders ted eel. In die nuwe uitgawe pas die slim illustrasies van die bekroonde kunstenaar Krisztina Kellai Nagy, by die warmte en humor van die stories, en stel `n vrolike geselskap karakters – mense, diere of die bonatuurlike – kleurvol en verbeeldingryk voor. Agterin die titel is daar ook `n gids vir ouers oor hoe om die stories saam met hul kinders te geniet of wenke oor hoe om die stories met `n gehoor te deel. Die stories kan hardop gelees word en later self gelees word, en Die groot storieverteller slaaptydboek sal jare van plesier verskaf vir kinders van alle ouderdomme.