Die jongste meisie in Maasdorpskool is die tweede titel in die gewilde Maasdorpreeks. Ná `n opwindende kwartaal van kattekwaad, middernagfeeste, Elsabe se ongelooflike transformasie, sportwedstryde en Kobie se debuut as konsertpianiste, keer die meisies van Maasdorp terug na die bekende kosskool. Maasdorp maak ook kennis met Breggie Landsberg – op negejaar die skool se jongste leerder. Gou wys Breggie dat sy nie net die skool se jonste leerder is nie, maar ook die stoutste. En selfs Kobie wonder of die skool gaan bly staan!