Die platbekpadda eet graag vlieë, die blouveer-voël hou van wriemelwurms en die wollerige bruin muis knaag aan sade. Maar wat is die glibberige krokodil se gunsteling happie? Die prettige herhalings en die diere wat na jou hap! elke keer as jy omblaai, is net wat ’n honger lesertjie soek. Lekker smul aan hierdie boek!