Sara Sloot-Smit is `n baie gelukkige meisie. Sy woon in `n luukse huis in `n welvarende buurt, gaan na `n spogskool en het ouers wat baie belangrike werk doen. Maar hulle het min tyd vir hulle dogter. Toe hulle aankondig dat hulle `n maand lank oorsee gaan, is dit vanselfsprekend dat Sara nie saamgaan nie. Sy moet by haar drie tannies, haar pa se susters, in die stad gaan bly: “O, die skandalige susters Smit. Wie het nog NIE van daai drie gehoor nie? `n Feeks en `n flerrie en `n rissiepit; geen ander tannies was nog ooit so goor nie!” Haar pa dink sy susters ken nie hul plek nie. Suzie giggel en maak grappies; geen sprake van waardigheid by haar nie. Silvie is konstant met `n nuwe kêrel of twee, en Sofia is wel suksesvol, maar sy`s kwaai en gemeen en veels te luidrugtig. Sal Sara ooit die vakansie oorleef?