Al wat die Trol graag wil doen, is om `n boerbok te vang. Maar wanneer `n string ander gediertes eerder oor sy brug kom trippel-trappel, moet hy maar tevrede wees met `n vervelige ou stukkie vis vir aandete. Hoe goor! Die seerowerkaptein en sy manskappe is egter mal oor vis – maar nie een van hulle ken `n resep om dit lekker gaar te maak nie… Daarom is hulle aandete aaklig en slymerig sleg! As hulle maar net die versteekte skatkis kon vind – dan sou hulle kon bekostig om `n kok aan boord te he … maar dit lyk asof hulle al weer na die verkeerde eiland toe gevaar het!