Wilde Willemientjie woel alweer! In die Tsitsikamma-woud ontmoet sy vir Zan, `n seuntjie wat soos sy amperse naamgenoot, Tarzan, tog te lekker tussen die diere in die bos woon. Later klim sy met haar reenboog-leer op na die maan, waar sy Zatopek en Luna help om die nare Zorxus op sy neus te laat kyk. Die derde avontuur speel af op die Weskusdorpie Paternoster. Hier kom Willemien `n seerower, Carlos die Gevreesde, tee. Gelukkig is oom Willem en Lorca, die walvis, daar om te help!
Skielik, uit die dieptes
styg daar `n wonderlike ding:
dis `n oerdier van die waters
wat `n meter bo die golwe spring!