Die tweeling Liela en Dirkie het ’n rukkie gelede met ’n briljante plan vorendag gekom. Hulle het hul tante se afgeleefde hotel in ’n spesiale hotel vir diere omskep. Almal is verras om te sien hoe fluks die Dierehotel deesdae sake doen. Liela en Dirkie het hope troeteldiere om op te pas – katte, honde, konyne, marmotte en voels. Maar toe ’n afgetrede polisiehond genaamd Watson kom inloer, snuffel hy allerlei moeilikheid uit. Kan Liela en Dirkie met sy hulp die Dierehotel se heel eerste geheimsinnige raaisel oplos? Die gewilde Pet Hotel-reeks is nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar. Jong diereliefhebbers sal versot wees op die tweeling se avonture in die Dierehotel. In elke boek maak daar ’n nuwe vierpotige of geveerde kuiergas sy opwagting in die hotel – en dit sorg vir hope opwinding. ’n Prettige, snaakse nuwe reeks vol oulike troeteldiere en lawwe avonture!