In Afrika skyn die son elke dag vuurwarm. Dit is waarom Gaffie die kameelperd, Ronnie die renoster en Annabella die volstruis graag op die miershoop in die skaduwee van die doringboom wil gaan rus. Maar net wanneer hulle lekker sit, hoor hulle `n BAIE onbeskofte geluid . . . “Prrrrrrrr?!”
“Dit was nie EK nie!” protesteer hulle, die een meer verleë as die ander. En elke keer lag die apies “tjakka tjakka tjakka” in die boom. Totdat Annabella die volstruis die onbeskofte dier ontmasker: dit is maar net Len die luiperd wat heerlik agter die miershoop lê en snork!