s_oondvars_150
383

Eenmaal lank gelede

Niki Daly
Tafelberg

Sarie háát skool. Elke keer as sy haar leesboek moet uithaal in die klas, voel sy siek en naar, en haar hande begin sweet en haar stem verdwyn. En dan koggel die ander kinders haar wanneer sy hortend en stotend hardop moet lees. Daar is net één persoon wat verstaan – Oujuffrou, wat doer oorkant die bult woon. Elke Sondagmiddag loop Sarie oor na Oujuffrou toe, en dan vertel dié vir haar stories. Tot Sarie op ’n dag in Oujuffrou se motor op ’n ou, vergete boek afkom – en sy en Oujuffrou saam-saam die boek begin lees …

Publikasie: 2003-05-23
0
Would love your thoughts, please comment.x