`n Muisie red `n magtige leeu se lewe; honger Springkaan, te lui om kos op te gaar, kry geen simpatie by die flukse miere nie; slim Jakkals bedreig Klipspringer om die dood vry te spring – maar word nogtans deur die haan en hond uitgevang.
Hier is sestien van Esopus se wyse, gevatte en tydlose fabels, vir die eerste keer uitgebeeld teen die Afrika-agtergrond. Esopus het dalk oorspronklik uit Afrika gekom, en dit het Beverley Naidoo en Piet Grobler geinspireer om die diere van Afrika die hoofrolle te gee in hierdie opwindende interpretasie van een van die wereld se mees klassieke werke.