Leon Rousseau, medestigter van Human & Rousseau Uitgewers in 1959, was maar 20 jaar oud toe hy in 1956 die eerste Fritz Deelman-boek van die reeks geskryf het. Die reeks was onmiddellik ’n groot sukses by jonk en oud en is in 1974 met ewe groot sukses heruitgegee. Nou, 50 jaar later sedert die eerste uitgawe van die reeks, word dit weer uitgegee met die eerste twee titels Fritz Deelman en die Skepe van Mars en Fritz Deelman en die Swart Eiland wat in Maart 2004 verskyn het.