s_oondvars_150
294

Fritz Deelman en die Skepe van Mars

Leon Rousseau
Human & Rousseau

Duisende kilometer bokant die aarde skiet twee ruimteskepe die onbekende in. In een van die skepe sit drie manne strak en gespanne. Hulle bestemming is angswekkend: Mars, die geheimsinnige rooi planeet.
En van hulle hang die voortbestaan van alle volke van die aarde af. Want daar is intelligente lewe op Mars, lewende wesens wat reeds honderde jare die aardbewoners dophou, en wat algehele uitwissing van die aardbol beplan. Hierdie titaniese stryd tussen kosmiese liggame sou wêreldoorloë na burgeroorloë laat lyk. Die bekende luitenant Fritz Deelman moet hierdie keer die stryd voer teen waansinnige magte van die ruimte.

Hierdie toekomsverhaal is geskryf lank voor die lansering van die eerste mensgemaakte satelliete in 1957 en nog langer voor Joeri Gagarin se geskiedkundige baanvlug om die aarde in April 1961. Nog later, in Julie 1966, het Neil Armstrong en Edwin Aldrin op die maan geland, en kort voor die verskyning van die vorige uitgawe in 1974 het onbemande Amerikaanse ruimtetuie ’n reeks foto’s van die planeet Mars na die aarde teruggesein waarop reusagtige vore – moontlik millennia oue rivierlope – baie duidelik sigbaar was. Betroubare inligting oor die moontlike aanwesigheid van lewensvorme op die sogenaamde `rooi planeet` was daar selfs in dié stadium egter nie. En steeds in 2004 gaan die soektog voort.

Publikasie: 2005-03-16
0
Would love your thoughts, please comment.x