Betree `n towerwêreld van vriendskap en pret! In die eerste boek in die Geheime koninkryk-reeks ontmoet ons vir Janie, Bianka en Tamsin – drie maats wat onafskeidbaar is. Op ’n dag ontdek hulle ’n towerkissie wat hulle wegvoer na `n fantastiese wêreld! Kan die maats vir Trixi die feetjie help om koning Kieliebaard se 1000ste verjaardagpartytjie van koningin Gorina se aaklige weerligstraal te red?