Wie is Tom regtig? wonder Buks. `n Mens bars tog nie sommerso by mense se huise in om monsters te vang nie. Hy kyk na die netjiese rooi uniform. Tom dra ook `n rugsak. `n Ronde kenteken op die sak vang Buks se oog. Grilbrigade staan op die teken. Is dit iets soos `n polisie-eenheid wat monsters vang . . .? Drie lekker grillerige stories waarin Buks die Grilbrigade help om van monsters, spoke, zombies, en allerhande nare goed ontslae te raak, maar nie sonder `n paar benoude oomblikke
BEKRONING:
ATKV-Kinderboektoekenning