Harry wag in Ligusterlaan. Die Orde van die Feniks gaan hom kom haal en wegneem sonder dat Voldemort en sy vlgelinge daarvan weet – as hulle kan. Maar wat staan Harry dan te doen? Professor Dumbledore het vir hom `n ongelooflik belangrike en skynbaar onmoontlike taak agtergelaat. Hoe gaan hy dit uitvoer?
Die sewende boek in die baie gewilde Afrikaanse reeks vertalings van die Harry Potter-boeke. Kobus Geldenhuys, bekende vertaler en skrywer van draaiboeke toor behoorlik met woorde om hierdie Afrikaanse uitgawe weer net so boeiend en betowerend te maak as die oorspronklike.