Wat almal verwag het gebeur: Kobie Malan word hoofmeisie op Maasdorp. Kobie is so gelukkig omdat sy haar ideaal vewesenlik het dat sy voel dat soveel vreugde byna nie kan bestaan nie. Boonop is sy ook die skool se nuwe sportkaptein. Maar ’n ramp tref Maasdorp en dreig om ook Kobie se geluk te vernietig: juffrou Van der Westhuizen, die gewilde hoof wat Maasdorpskool die beste meisieskool in die land gemaak het, verlaat die skool onverwags. Wat gaan van die skool en sy tradisies word, veral aangesien die nuwe hoof, juffrou Brand, heeltemal ander idees en opvattings het? Juffrou Brand dreig om heelwat veranderinge aan te bring; selfs om die trotse skooldrag af te skaf en om weg te doen met prefekte.