Vir 9- tot 12+- jariges. `n Versameling Jakkals en Wolf stories uit die verhaleskat van baasverteller, Pieter W. Grobbelaar. Skelm Jakkals sal nie skroom om arme ou Wolf aan die pen te laat ry nie. En Wolf leer ook nie sy les nie, maar trap elke keer weer in die spreekwoordelike slagyster wat Jakkals vir hom stel. Stories vol humor, maar ook waardevolle lewenslesse wat geleer word uit die manewales van die twee geliefde karakters.