Dis die begin van die nuwe skooljaar en tyd vir die klomp Malan-niggies om terug te keer na hul geliefde Maasdorp. Ons ontmoet die dogters van gunstelingkarakters soos Kobie, Lulu en Diana. Daar is die musikale Teda, wat begeer om `n konsertpianis soos haar tant Kobie te word, die pligsgetroue Magda en die onnutsige klein Estelle. En dan is daar Jessamie de Villiers. Met haar rooi hare in stywe vlegseltjies, haar lustelose houding, slonsige kleredrag en onvriendelike voorkoms, is dit moeilik om te glo dat sy die kind is van die stralende Kobie, Maasdorp se liefling en vandag die wêreldbekende kunstenaar Jakoba Malan. Sy gaan vir die eerste keer Maasdorp toe en dring daarop aan dat haar steekhaarbrakkie, Kerneels, moet saamgaan!