s_oondvars_150
1438

Kamer 13

Francois Bloemhof
Human & Rousseau

Wat gaan in Kamer 13 aan? En hoekom is dit net Bennie wat voel iets is nie reg nie? Wat sal sy ma sê as sy uitvind van die swelsel op sy rug en hoekom is Klitser, sy hond, skielik so anders teenoor hom? En dan is daar die stem in sy kop wat hom snaakse dinge laat doen. Bennie voel hoe hy beheer verloor. Hy sal met iemand moet praat, maar wie? Toe daar nog ’n slagoffer aan die balke van Kamer 13 hang, weet Bennie hy sal iets moet doen – en gou ook. Lekker spannende storie vol bloedstollende kinkels. Ouer trae lesers sal dit ook geniet. Die sesde boek van agt in François Bloemhof se Rillers-reeks.

Publikasie: 2012-09-17
0
Would love your thoughts, please comment.x