klein muis”

Dit is lankal slaaptyd, maar Klein Muis is wawyd wakker.Hy rol rond en bont, hy wriemel en woel, hy kriewel en krap – maar hy kan nie slaap nie!
Hy klouter uit die bed en skarrel sitkamer toe.
“Mamma Muis,” sê hy met `n sug, “ek kan nie slaap nie. My kop borrel en bruis en my oë wil nie toe bly nie.”
“Probeer skape tel,” sê Mamma Muis. “Dit sal jou laat slaap.”
Maar Mamma Muis se raad help niks. Ook nie Pappa Muis of Ouboet Miek s`n nie.
Maar Ouma Muis is seker sy weet hoe om Klein Muis aan die slaap te kry…

0 0 votes
Article Rating
guest
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments