Tiemie, Lelie, die tweeling Klits en Rits, Baba Rosa en natuurlik Worsie, is die Hulle is die kleinste klein mensies wat in die kleinste klein huisie onder in die tuin bly. Hulle ontdek allerhande wonderlike dinge en beleef heerlike avonture. Lees van die wollerige snorrige gas wat een aand onverwags kom kuier, en van die onderstebo monster wat Klits en Rits in die solder ontdek! Jy kan ook uitvind hoe Lelie uiteindelik haar vlerke gekry het. Stories vir slaaptyd en lekker saamlees, ideaal vir kleuters van 2 tot 4 jaar.