s_oondvars_150
150

Kobie en die wonderkind

Stella Blakemore
Human & Rousseau

Dit is ’n nuwe kwartaal by Maasdorp-skool. En dit begin nie goed nie. Kobie en Elsabe hoor dat hulle klas- en kamerkapteins is wat dit natuurlik baie moeilik sal maak om pret te hê! Asof dit nie erg genoeg is nie, is daar ook nog die vreemde en misterieuse Carla Willemse, een van die nuwe leerders in Kobie-hulle se graadelf-klas. Carla was nog nooit op skool nie en het die wêreld vol gereis met haar tante. Niemand behalwe die hoof en juffrou Muller weet egter dat die snaakse Carla eintlik die wêreldberoemde violis en wonderkind, Olga Willovitch is nie. Olga, oftewel Carla, het ’n ineenstorting gehad en is deur haar pa na Maasdorp gestuur om te herstel en ’n normale lewe te lei. Maar niks ontsnap Kobie nie en gou is sy druk besig om tussen sportwedstryde en kattekwaad, toetse en krisisse, vir Carla te help om behoorlik deel van Maasdorp te word.

Publikasie: 2005-02-08
0
Would love your thoughts, please comment.x