Daar`s net een ding (behalwe Coke en oliebolle) wat Henry de Vries laat tiek: rekenaars. Wat hom betref, kan `n mens alles wat jy nodig het op die Internet kry. As hy voor die rekenaar sit, verdwyn sy pa se snedige aanmerkings, ouboet Bertus se lang lys prestasies wat gereeld onder sy neus gegryf word, die rugby-oefeninge waar hy so aftjop, selfs die nuwe meisiekind in die rekenaarklas wat hom so irriteer. `n Mens kan ook vriende maak op die Internet, soos nou met die Riaan-ou wat hy in `n chat room ontmoet het. Riaan is nou wel `n bietjie ouer as hy, maar hy`s die enigste mens wat hom werklik verstaan.
Soos met haar Thomas @-boeke skep Carina Diedericks-Hugo hier `n virtuele wêreld waarin enigiets moontlik is, waarin die grens tussen werklikheid en skyn vervaag en ineenvloei …
BEKRONINGS:
ATKV Kinderboektoekennings, 2004.